OUDTSHOORN NUUS - Die vierjarige Mekayla van Wyngaardt wat verlede Donderdag deur 'n bakkie in Rosevalley doodgery is, word die naweek begrawe.
Mekayla se ma, Waldene van Wyngaardt (22) sê die dood van haar enigste kind is nog onwerklik.
"Mekayla was vier maande in die hospitaal omdat sy longprobleme gehad het. Sy is Donderdagoggend ontslaan en Donderdagmiddag is sy oorlede. Sy het 'n rukkie na sy ontslaan is by my suster-hulle gaan kuier. Die kinders het glo in die erf gespeel en sy het vir 'n hond wat met haar wou speel geskrik en gehardloop. My suster se agtjatige dogter wou haar keer, maar was te laat. Sy het glo binne-in die bakkie vasgehardloop."
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê 'n klag van strafbare manslag word ondersoek.
Mekayla word Sondag 10:00 uit die Grace-kerk op Nooitgedacht, waar haar pa woon, begrawe.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'