OUDTSHOORN NUUS - Die tragiese nuus dat 'n meisie van vier jaar vanmiddag noodlottig deur 'n voertuig getref is, is pas bevestig.
Die voorval het in Rose Valley waar fase twee van die behuisingsprojek vootooi is, plaasgevind. Die ongeluk het omstreeks 16:00 gebeur.
Die identiteit word weerhou totdat amptelike inligting van die polisie ontvang is en nadat daar met die gesin gepraat is.
Voorlopige inligting dui daarop dat die meisie in die straat deur 'n bakkie getref is. Sy is op die toneel oorlede.
Ons innige simpatie gaan aan haar naasbestaandes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'