CALITZDORP NUUS - AnnMaree Barry, 'n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie, het verlede Vrydag haar vierde boek bekendgestel.
Haar eerste boek, Niemand, was 'n hygroman en is in 2017 geskryf. Niemand was ook Malherbe Uitgewers se topverkoper vir 2017. Haar ander twee boeke is Die Swaai en Afvlerkvoël.
Jaar van Skandes, haar nuutste boek, is 'n roman wat handel oor 'n jong meisie in die Klein-Karoo wat in 'n selfde-geslag verhouding betrokke raak. "Die boek gaan oor haar stryd tot aanvaarding in die klein gemeenskappie. Iets wat deesdae gereeld voorkom. Ek wou graag mense laat dink oor hoe hulle gay-persone laat voel.
Mens hoor elke dag die lelike goed wat mense gay-mense toesnou." Barry skryf graag oor kwessies waarmee mense in die alledaagse lewe gekonfronteer word. Die bekendstelling was by die treinstasie op Calitzdorp gehou. Bouncy van Bouncy sê So, het ook die geleentheid bygewoon en Rodney Gelant was die seremoniemeester.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'