OUDTSHOORN - Die jaarlikse Jakhals MTB en Trail Run Challenge, wat by Arendsrus Country Lodge in George gehou is, het die afgelope naweek sowat 200 deelnemers vanoor die Tuinroete gelok.
Volgens een van die organiseerders, Corné Botha van Jakhals Events, het heelwat Oudtshoorniete ook aangetree om deel uit te maak van die dag se pret. Die items waarin deelgeneem is het 'n 5 km-pretstap sowel as 'n 9 km-pretstap ingesluit.
Die bergfietsryers kon kies van verskillende afstande wat gestrek het oor 52 km, 38 km en 26 km.
Fietsryers van Langenhoven Gimnasium en Bridgton-fietsryklub het podiumposisies in die verskeie afstande behaal.
Atlete van Zoar het ook baie goed gevaar in die 9 km-veldwedloop wat podiumposisies ingesluit het. Die jongste deelnemer in die 26 km-fietsren was net agt jaar oud en het die wedren met die grootste gemak en glimlag voltooi.
Botha het die borge Arendsrus Country Lodge, VTS Communication, Squirt Cycling Products en Health Hive bedank wat bygedra het tot die dag se sukses.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’