OUDTSHOORN SPORTNUUS - Francois Verwey het Saterdag met 'n tyd van 22 minute 7 sekondes die 274ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Boetiek-olyflandgoed gewen met die vorige week se wenner, Cameron Joseph, kort op sy hakke met 'n tyd van 22 minute 19 sekondes.
Die tienjarige Stiaan van Wyk was derde met 'n puik tyd van 23 minute 19 sekondes.
Anke Stander (19), was met haar eerste deelname aan die parkrun, die eerste van die vroue met 'n tyd van 26 minute 22 sekondes.
Die voorste hardlopers van Saterdag se 63 deelnemers was:
Francois Verwey (22:07).
Cameron Joseph (22:19).
Johannes Le Roux (22:44).
Stiaan van Wyk (23:19).
Gordon Afrika (26:06).
Anke Stander (26:06).
Tarren Jullies (26:23).
Francois Le Roux (26:43).
Mathys Myburgh (26:51).
Albertus Kennedy (27:10).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'