OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra die hulp van die gemeenskap na Eric Xaxaka, ‘n 60-jarige inwoner van Bongolethu, as vermis aangemeld is.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is Xaxaka verlede Woensdagoggend werk toe, maar het hy nooit by sy werksplek opgedaag nie.
Enige persoon wat inligting het rondom die voorval kan kapt. Deon Bouwer by 082 469 7642 of die radiokamer by 10111 skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'