OUDTSHOORN NUUS - Die vyf-maande oue Pitbull wat vanmiddag uit sy erf gesteel is, is veilig terug by sy eienaars. Ansa de Jager van Oudtshoorn-diereherberg wil alle partye bedank vir hulle flinke diens en bereidwilligheid om na Freckles te soek.
"Ons wil graag 'n spesiale woord van dank uitspreek teenoor die Oudtshoorn-polisie, Oudtshoorn-munisipaliteit en die publiek wat met hulle voertuie die strate gepatrolleer het," sê de Jager.
Oudtshoorn-diereherberg het leidrade vanaf die publiek ontvang dat Freckles in Dassieweg by iemand se woning gewaar is. Volgens de Jager het vyf persone van die publiek, insluitend die persoon by wie Freckles gevind is, saamgewerk om die hondjie terug te vind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'