OUDTSHOORN NUUS - 'n Vermeende inbreker (33) is kort nadat hy, na bewering by 'n huis in Matjiesrivier ingebreek het, deur die polisie gevang.
Volgens kapt. Louis Visser, woord-voerder van die Oudtshoorn-polisie, het die eienaar van die huis net voor 02:00 17 Junie wakker geword en die vreemde man in sy huis gekry.
"Die verdagte het weggehardloop en is na 'n soektog deur die polisie omstreeks 07:30 die oggend gearresteer."
Volgens Visser is gesteelde eiendom in die vermeende inbreker se besit gevind.
Die verdagte het die week in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo'