DYSSELSDORP NUUS - "Dis belaglik."
So het 'n man van Dysselsdorp verlede week in die Oudtshoorn-streekhof uitgeroep nadat hy op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind is.
Die 30-jarige Justin Botha het op 31 Mei 2018 'n 27-jarige vrou verkrag.
Hy het onskuldig gepleit, maar sy weergawe is deur streeklanddros Daniël Boks as vals en leuenagtig verwerp.
Botha het onderweg na die selle hardop gesê dat die landdros se bevinding belaglik is. Die saak is vir slotbetoë en vonnisoplegging, tot 29 Julie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'