OUDTSHOORN NUUS - Drie verdagtes wat met 'n inbraak in Riversdal verbind word is 'n rukkie gelede buite Oudtshoorn gearresteer.
Die verdagtes was in 'n wit Golf wat met die inbraak verbind word. Die Golf is vanoggend net na 08:00 op 'n kamera in Oudtshoorn opgetel en 'n padblokkade is naby De Rust gehou.
Die Golf het op die padblokkade afgekom en teruggejaag na Oudtshoorn, maar nog 'n padblokkade is net buite Oudtshoorn opgestel en die verdagtes het naby Johnsons Bricks die kar langs die pad gelaat en die veld in gevlug.
Lede van die honde-eenheid is ook na die toneel gestuur waar die verdagtes opgespoor en gearresteer is.
Hierdie foto can die verdagtes se voertuig nadat die insittendes gevlug het, is op Oudtshoorn Crime Watch gedeel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'