OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn polisie het ‘n 37 jarige man in hegtenis geneem op klagtes van huisbraak en diefstal by Chandelier Wildsplaas gedurende die nag van 27 September.
Die polisie het verlede week ‘n skermgreep van ‘n geslote baan video-opname aan die media gestuur waarop ‘n verdagte verkyn.
Die polisie het vanoggend op inligting wat aan hulle deurgegee is reageer en ‘n man by sy woning in Bongolethu in hegtenis geneem.
Die meeste van die gesteelde items wat onder andere beursies van volstruisleer insluit, is in die woning gevind.
Die verdagte verskyn môre 11 Oktober in die hof.
Die stasiekommisaris van Oudtshoorn, Brigadier Levona Januari, het die lede bedank vir hulle goeie werk asook die publiek wat inligting verskaf het.
Die items wat uit die geskenkwinkel by Chandelier gesteel is en teruggevind is. Foto verskaf
Lees 'n vorige artikel: Inbraak by geskenkwinkel
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'