OUDTSHOORN NUUS - 'n Veldbrand wat waarskynlik deur weerlig veroorsaak is is laat gisteraand in die Robinsonpas opgemerk. Dit het aanvanklik met hoë intensiteit aan die westekant van die pas gebrand.
Tans is die areas bedek met mis, en die brandlyn blyk in die stadium gebreek te wees.
CapeNature, Oudtshoorn-en Mosselbaai-spanne monitor die brand, wat steeds aktief is op hoër hoogtes van die berg. Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sal hierdie brand later vanogggend besoek. Gunstige weerstoestande word vir later voorspel, met 'n verwagte 2mm reën wat hopelik sal help om die veldbrand te blus.
'n Weerligstraal het ook 'n veldbrand veroorsaak noord van Oudtshoorn, in die Kombuys-gebied, noord van Wilgewandel. Hierdie veldbrand is steeds aktief in die berg wat tans onbereikbaar is vir brandweerpersoneel.
Oudtshoorn-munisipaliteit monitor die situasie deurentyd aangesien daar strukture ongeveer 1.5km aan die suide is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’