Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Veertien huisbewoners van Dysselsdorp (776 Kleinhansstraat in die nuwe blok) is ongeskonde nadat ‘n brand gisteraand omstreeks 22:00 hul woning erg beskadig het.
Volgens een van die huisbewoners Spaas Lewis, is die oorsaak van die brand onbekend.
"Ons almal het geslaap, maar die rook het my wakker gemaak. Ek het toe dadelik my ma-hulle wakker gemaak wat deur die venster gespring het. Gelukkig kon almal veilig wegkom. Ek is net dankbaar niemand is beseer nie, want dinge kon so anders gewees het."
Onder die huisraad wat vernietig is, was ‘n sitkamerstel, wasmasjien, stoof, TV en slaapkamerstel.
Die gesin waaronder sewe jeugdiges, het ook al hul kosvoorraad en klere in die brand verloor.
Kyk 'n video hieronder:
Video: Düllen Claassen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'