OUDTSHOORN NUUS - Lollies van Rensburg het Maandag tydens Oudtshoorn-gholfklub se jaarlikse klubkampioenskappe met die louere weggestap met 'n telling van 144 punte.
Altesaam 38 spelers het op die dag afgeslaan wat deur Swartberg Motors geborg is. Die plaaslike tienersensasie, Sergio Arries, was in die tweede plek met 150 punte.
In afdeling-B was dit Marius Wilken (169 punte) wat koning gekraai gevolg deur Ockie Horowitz (81 punte) en Clive Brandt.
Wynand Louw as baas in afdeling-C met 173 punte.
In die damesafdeling was dit Ronel Engelbrecht wat haar teenstanders uitgestof het met 'n indrukwekkende 178 punte.
Netto-totale is as volg:
- Juan Swart (131)
- Salie Oosthuisen (142)
- Isak Erasmus (144)
Oud en jonk het voortreflike spel gelewer.
Een van die manne speel 'n nader-hou. Foto's: Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’