Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Twee susters van Bridgton glimlag van oor tot oor na die huis, wat jare lank as smokkelhuis gebruik was, opgeknap word.
Heidi Moos, een van die susters, sê sy sal die groep vrywilligers en Caring Angels ewig dankbaar vir hul hulp.
Heidi en haar suster Petronella Moos, woon reeds jare in die huis.
"Almal het die huis geken want my pa was een van die grootste dwelmsmokkelaars in Oudtshoorn. Hier is nie 'n bendelid of dwelmgebruiker wat nie weet van die huis of my pa nie. My pa is toegesluit vir sy dade en het ook in die tronk gesterf."
Heidi en Petronella was ongeveer 13 jaar self in die dwelmwêreld vasgevang, maar het besluit om hul lewe reg te kry.
"Ek het 'n groot toekoms gehad en kon enigiets bereik wat ek wou. Ek was in 'n Model C-skool en het goeie punte gehad. Ek het 'n goeie werk ook gehad, maar ek het verkeerde besluite geneem. Niemand kan ooit sê ons is geboelie of weens ons pa in ons omstandighede in gedwing nie. Jy word nie 'n dwelmverslaafde gebore nie. Jy as mens maak self daardie keuse."
Heidi sê om weer hul lewens reg te ruk was moeilik.
"Ons het hulp gesoek en nou ons is skoon. Ons is dankbaar dat die gemeenskap en ons familie ons weer aanvaar het. Caring Angels en die dames van Plumbline Restoration het ons gehelp om ons huis reg te maak en ons lewens reg te kry. Ons wil graag dié huis nou gebruik as veilige hawe vir ander mense wat ook in ons situasie was," vertel Heidi.
Volgens Heidi wil sy en haar Petronella 'n organisasie stig om veral vroue en kinders wat in die dwelmwêreld vasgevang is te help.
Volgens haar wil sy en haar Petronella 'n organisasie stig om veral vroue en kinders wat in die dwelmwêreld vasgevang is te help.
"Ons werk reeds bietjie in die gemeenskap. Ons kry baie oproepe van mense wat vra om met hul kinders te praat. Dit is so belangrik dat ons veral op die kinders fokus, want grootmense buit hulle uit. Veral as die kinders uit vervalle omstandighede kom. Hulle besef nie hoe diep en donker daardie gat is nie. Jy verkoop jy eie huisraad, jy steel by jou mense en soms gee jy tot jouself net vir die volgende fix."
Hein Coetzee, 'n lid van Caring Angels, sê die groep liefdadigheidswerkers het gehelp om die huis weer te omskep in iets waarop die Moos-familie trots kan wees.
"Ons wil die familie en die huis se legacy help verander."
Die Angels het gesorg dat die huis van hoek tot kant geverf word, stukkende vensters is vervang en 'n sweiser het gehelp om die veiligheidsheinings weer reg te maak.
"Ons wil graag National Auto Glass, Breyten Bredenkamp van Fantasy Night Club en United Paints bedank wil hul donasies."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'