OUDTSHOORN NUUS - Lizanda en Herman van der Schyff, 'n afgetrede egpaar wie se huis Maandagaand, 4 Desember, in Loopstraat op Oudtshoorn deur 'n verwoestende brand verswelg is, het Oudtshoorn Courant vandeesweek genader om hul dank aan inwoners van die dorp wat hulle gehelp het oor te dra.
Die Van der Schyffs het al hul besittings verloor in 'n brand wat moontlik iewers na 18:00 daardie aand ontstaan het. Hulle vertel dat hulle nou na Despatch in die Oos-Kaap sal verhuis om by hul kinders te gaan bly.
Voor hul vertrek wou hulle graag die volgende instansies en persone bedank: Oudtshoorn-polisie, ambulansdienste, die weermag, brandweer, Anél Berry (wyk 3 raadslid), Carlee B, die Calitzdorp-gemeenskap, Loopstraat se inwoners, Oudtshoorn-inwoners en die twee "wonderlike" persone wat vir hulle verblyf verskaf het.
"Dankie vir almal se ondersteuning wat ons veilig gehou het, asook die skenkings van klere ensovoorts. Alles word opreg waardeer," het die dankbare paartjie gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’