In die ontwikkelingsklas was Juna Juan van Rensburg eerste, Rietha Oosthuizen tweede en Chere Dawson derde.
Kyle Huddlestone het in die junior hitstjorklas koning gekraai, gevolg deur Han-Kock Brand en Llewellyn Kotze. Wayne Skinner en Ruzanne Jansen het uitgeblink in die 1660's-klas.
Hendricus Botha het sy beste vertoning tot op hede gelewer deur die 2.1 gemodifiseerde klas te wen. Botha is gevolg deur Ricardo Davey en Pierre Kotze. Hilton van Breda, Dylan Nel en Christo Kotze was onderskeidelik die wenners van die hitstjorre.
In die midgetklas was Lammie Kotze eerste, Johan Moller tweede en Tol Hanekom derde. Jacques van der Merwe en Corrie de Ronde was die beste super midgets.
Onder die heavy metals was Sydney van Rensburg eerste, Johan le Roux tweede en Danie Smuts derde.
David Koegelenberg word gejaag deur Wayne Skinner wat die 1660's-klas gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'