Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Bykans 120 laerskoolleerders van verskillende areas wat Huis Triomf-kinderhuis insluit het Maandag by die departement van kultuur en sport (DKES) se eerste dag van hul Julie-vakansiesportprogram opgedaag wat by Saturnus Primêr gehou was.
Volgens een van DKES se koördineerders, Randall May, beoog dié departement om vanaf 10:00 tot 13:00 elke weeksdag vir die duur van die vakansie, sportaktiwiteite aan te bied.
"Die doel van die sport-program is om die jeug besig te hou met konstruktiewe stimulering sodat daar nie tyd vir ledigheid is nie. Ons gee vaardigheidsessies in netbal, krieket, sokker, hoepels, tafeltennis, morabaraba (inheemse-speletjie) en albasterspel (ncuva). Ons sportprogram is oop vir almal om deel te neem."
FOTOGALERY: Departement van kultuur en sport se vakansieprogram
May sê dat dit die departe-ment se voornemens is om hul September-vakansiesportprogram by Laerskool Bersig voort te sit wat selfs meer leerders sal lok.
Die leerders het na afloop van Maandag se sportaktiwiteite 'n heerlike bord kerrie-en-rys geniet.
Pure vreugde tydens vlakkiekrieket.
Die manne sit heerlik en morabaraba (inheemse-speletjie) speel. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'