OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool spog met twee onderwysers wat brons en silwer verower het in die jaarlikse Wes-Kaapse departement van onderwys se Nasionale Vaardighede-kompetisie wat van 26 tot 28 September in Johannesburg plaasgevind het.
Johan Scheepers en Elrico Andrews het onderskeidelik brons en silwer ingepalm. In gesprek met die skoolhoof, Gavin Block, noem hy dat hul ongelooflik trots is op die onderwysers se prestasie. Scheepers het deelgeneem in die kategorie: siviele tegnologie, houtwerk, en Andrews in die kategorie: siviele tegnologie, konstruksie.
Die kompetisie het ten doel om geskoolde ambagte te bevorder, asook om verskeie loopbaanopsies in hierdie gebiede ten toon te stel.
Kayden Chandler van Langenhoven Gimnasium het in die leerder-afdeling 'n toekenning ontvang vir Kragstelsels en Granwill Klaas van Môrester Sekondere Skool het ook 'n toekenning ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’