OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool het op Woensdag 24 Maart hulle heel eerste kookles vir die publiek aangebied.
Volgens Gavin Block, skoolhoof van Oudtshoorn Vaardigheidskool, is dit die eerste van vele kooklesse wat hulle op 'n gereelde basis gaan hou.
Die doel hiervan is om op 'n meer intieme vlak sosiale- en gemeenskapsbetrokkenheid te versterk.
'n Basiese maalvleisresep is tydens 'n demonstrasie deur Lené Smuts en Helda Vermeulen, gasvryheidstudiesonderwysers van Oudtshoorn Vaardigheidskool, op drie verskillende maniere voorberei.
Die tema van die aand was, bekostigbare etes, maklik en gesond.
Na die demonstrasie het die dames die kans gekry om self die drie disse, chilli con carne met avokado salsa op basmatirys, Indiese-kerrie met platbrode en Koftas met Tabbouleh-slaai, te maak.
Vyf leerders van die skool, Musche Horsban, Kaymie-Leigh Minnaar, Eslene Ruiters, Elsie Damans en Junaid Fielies, het die gaste gedurende die hele kookproses bygestaan, en kon die dames net daarop konsentreer om die aand te geniet.
Die dames het na die voorbereiding van die disse, as 'n beloning vir hulle "harde werk", by 'n mooi gedekte tafel aangesit en gesmul aan die disse wat hulle self voorberei het, terwyl daar natuurlik heerlik gekuier is.
Die dames sit heerlik en kuier terwyl Lené Smuts, gasvryheidsonderwyser demonstreer hoe om die disse voor te berei. Foto's: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’