OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Oudtshoorn wat tereg staan op agt aanklagte van onder meer roof met verswarende omstandighede, twee van seksuele aanranding en diefstal is in die Oudtshoorn streekhof vir uitspraak tot later die maand uitgestel.
Die 26-jarige Jullian Witbooi pleit onskuldig op al die klagtes behalwe op die een van diefstal. Hy erken dat hy op 16 Januarie 2019 volstruislewer en -wors ter waarde van R34.00 in die slaghuis van Klein Karoo Internasionaal in sy broekspype versteek het en deur sekuriteitspersoneel in hegtenis geneem is.
Hy staan ook tereg op twee klagte van seksuele aanranding, besit van 'n gevaarlike wapen, roof met verswarende omstandighede en poging tot roof van selfone.
Streeklanddros Sylvia Mandla het aan Witbooi verduidelik dat hy vyftien jaar gevangenisstraf in die gesig staar indien hy aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind word.
Die saak is vir uitspraak tot 28 Januarie uitgestel en Witbooi bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'