OUDTSHOORN NUUS - Die tegniese dienste-afdeling van die Oudtshoorn-munisipaliteit is tans besig met die herstel en opgradering van dosyne strate in Oudtshoorn.
Die opknappingsprogram het reeds op 2 Maart begin en sal na verwagting tot 22 Maart duur.
Volgens die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe word sommige strate heeltmal herseël terwyl ander gedeeltes waar gate is, herstel word. Sypaadjies geniet ook aandag.
Die opgradering vind plaas in meer as 30 strate en sypaadjies en sluit die sakekern, Oudtshoorn-noord en gedeeltes van Bridgton en Bongolethu in.
Mangqwengqwe noem ook dat werk aan sommige gedeeltes van besige strate soos byvoorbeeld Kerkstraat, Adderleystraat en St Johnstraat snags gedoen word wanneer die strate stil is.
Die munsipaliteit vra inwoners om verskoning vir die ongerief.
Brownstraat
Condorstraat
Dassieweg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'