OUDTSHOORN NUUS - Die tyd het weer aangebreek wanneer die Momentum Medical Scheme Cape Pioneer Trek-fietswedren vanaf 4 tot 10 September gaan plaasvind.
'n Gedeelte van Baron van Reedestraat, tussen St Johnstraat en Voortrekkerweg sal gesluit wees en sal deur verkeersbeamptes gekontroleer word. Dit is belangrik om kennis te neem dat geen parkering toegelaat sal word op dié afgebakende area vir die genoemde tydperk nie.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit vra verskoning vir enige ongerief wat die tydelike sluiting van bogenoemde strate mag veroorsaak.
Neem kennis
Die organiseerders van dié fietswedren wil graag die publiek vroegtydig in kennis stel dat die straat vir dié fietswedren op Vrydag 9 September om 20:00 tot Saterdag 10 September om 15:00 gesluit sal word.
Vir enige navrae kan Pat Jordaan, hoof van verkeersdienste by 044 203 3913 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'