DYSSELSDORP NUUS - ‘n 30-jarige man van Dysselsdorp is in die Oudtshoorn-streekhof tronkstraf van 20 jaar opgelê vir diefstal en twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel.
Derick Prins het op 22 November 2022 by ‘n gastehuis op Hazenjacht ‘n televisiestel, handdoeke en komberse ter waarde van R17 000 gesteel.
Hy het ook skuldig gepleit dat hy op 31 Oktober 2022 by die huiswinkel van Christa Booysen ingebreek en sigarette ter waarde van R820 en R3 500 kontant gesteel het, en op 15 April 2022 by Dysselsdorp Primêr ingebreek het, maar op heterdaad betrap is.
Die staatsaanklaer, Mervan Saaiman, het die hof versoek om met vonnis ‘n sterk boodskap uit te stuur wat andere sal afskrik.
Streeklanddros Ntsoki Moni het met vonnisoplegging gesê dit is duidelik dat Prins met sy tien vorige veroordelings, geen respek toon vir andere se besittings nie.
Hy is vyf jaar vir diefstal en vyftien jaar vir die huisbrake opgelê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’