Gallery Video
CALITZDORP NUUSFLITS EN VIDEO - Lente het vanjaar op 'n goeie noot begin na tweeling donkies Saterdag op 'n kleinhoewe buite Calitzdorp gebore is.
Volgens Andrew Cook, die eienaar van die donkies, het hy 'n jaar gelede die merrie en hings gered.
"Ons het gesien die merrie, Meisie, raak al vetter, maar ons het gedink sy eet maar net goed.
"Saterdagoggend toe ek hulle kos gaan gee, het ek een baba donkie gesien. Ek het hom afgeneem en my vrou gaan wys en toe ons terugkom toe sien ons daar is eintlik twee," het hy trots vertel.
Annemarie van Zijl van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary in McGregor sê dié verskynsel is baie skaars.
"'n Merrie kan tot 12 maande dra aan die kleintjie. 'n Tweeling is geweldig skaars en die feit dat hulle beide steeds leef is ongelooflik," het sy gesê.
Kyk video hieronder.
VIDEO EN FOTOS, LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'