OUDTSHOORN NUUS - Die 30ste Highgate inter-provinsiale tweekamp-byeenkoms wat die afgelope naweek by die De Jager-sportkompleks en NA Smit-swembad plaasgevind het was 'n reusesukses met altesaam 435 atlete van sewe provinsies wat deelgeneem het.
Eden-streek kon daarin slaag om 14 medaljewenners op te lewer.
Boonop is dié streek se Benjamin Bond as junior victor ludorum aangewys.
Hoërskool Outeniqua het die goue medalje in die Hoërskole-afdeling gewen met Laerskool George-Suid wat die silwermedalje in die Laerskole-toernooi ingepalm het.
In die spankompetisie het Boland vanjaar die bordjies verhang en WP in die tweede plek ingedruk met Eden in die derde plek gevolg deur OP, GW, Grens en SFS. Die SA kampioenskappe is vanjaar op 1 en 2 April in Gqeberha.
Hendrik Visser van Eden (groen) trek sy ore plat doellyn toe. Foto verskaf
Die medaljewenners was:
- o.8 S Brons - Rudolf Smith
- o.9 D Goud - Annabel van der Merwe
- o.9 S Goud- Benjamin Bond
- o.11 S Brons - Caleb Coates
- o.13 D Silwer - Arabelle Grutter
- o.13 S Brons - Johannes Brink
- o.19 D Silwer - Petro Marais
Junior Mans Silwer - Hendrik Visser
- Meesters 40+ D - Silwer Esrie Bezuidenhout
- Meesters 60+ M - Goud Johan Windt
- Meesters 70+ D - Goud Marilyn Orrie
- Meesters 70+ M - Silwer Mike McDonald
Die volgende atlete is aangewys as die ludorum-atlete van die byeenkoms:
- Junior victor ludorum Benjamin Bond- Eden
- Junior victrix ludorum Simone v d Merwe - WP
- Senior victor ludorum Garith Haarhoff - Boland
- Senior victrix ludorum Ilse Beukman - Boland
Johan Windt (groen) het goud in die Meesters 60+ verower. Foto verskaf
Die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Chad Louw, lewer 'n toespraak. Foto: JMOPRO
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'