OUDTSHOORN NUUS - 'n Tweede persoon in Oudtshoorn het hierdie week positief getoets vir Covid-19.
Die Mediclinic Klein-Karoo het bevestig dat 'n man by hulle opgeneem is en na Mediclinic George oorgeplaas is. Hy is tans in die intensiewe eenheid.
Mense wat met hom in kontak was, is ook in isolasie. Twee van die mense wat met hom in kontak was is sy huisdokter, Dr Wessel Vermeulen en 'n mediese suster. Albei is in selfisolasie totdat die uitslae van hulle toetse bekend is.
Dr Vermeulen het gesê die pasiënt is Maandag vanaf sy huis dadelik in streng isolasie opgeneem en het toetse ondergaan om 'n diagnose te vind, onder andere ook vir Covid-19. Hy is Dinsdag na George oorgeplaas vir verdere toetse.
Die aanvanklike toetsing se uitslag is gister ontvang.
Volgens Vermeulen neem die uitslae van toetsing 'n paar dae as gevolg van die waglys en die volume oorweldig die beskikbare laboratoriums.
Wessels sê die pasiënt is sedert sy opname in Oudtshoorn en in George onder die strengste moontlike hoësorgbehandeling en deur bitter min mense hanteer - nie eens naby familie word toegelaat om hom te besoek nie.
Dokter Vermeulen maan almal om tuis te bly en nie onnodig dorp toe gaan of rond te beweeg nie. Vermy nabye kontak en pas die voorgskrewe voorsorgmaatreëls toe om jouself te beskerm.
Die Oudtshoorn Courant wys lesers daarop dat ons geen kommentare gaan toelaat waar daar op die identiteit van enige persoon aangedring word nie. Met die eerste geval was daar 'n stroom onnadenke kommentare wat verwyder moes word. Die koerant se Facebookblad en webwerf gaan nie weer gebruik word om mense onder druk te plaas om na vore te kom nie en ons vra lesers om daardie besluit te respekteer.
VERWANTE ARTIKELS:
- Eerste Oudtshoorn Covid-19 pasiënt vertel
- Dokter in self-isolasie
- Oudtshoorn het eerste Covid-19-geval
Sien die nuutste Wes-Kaap syfers hieronder:
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'