OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Daar was vanmiddag 'n botsing op die De Rust-pad by die gholfbaan.
'n Tata en 'n Toyota-bakkie was in die botsing betrokke. Die twee voertuie was in teenoorgestelde rigtings onderweg toe die Tata na regs beweeg het en die bakkie getref het.
Die bakkie het op sy sykant te lande gekom en die Tata 'n ent verder teen die gholfbaan se heining.
Die bestuurder van die Tata was alleen in die motor. Sy is nie beseer nie. Die bestuurder van die bakkie en drie werkers is ongedeerd en een werker het 'n enkelbesering opgedoen.
Dit blyk dat die bestuurder van die Tata duiselig geraak het en toe teen die bakkie vasgery het.
Kyk 'n video hieronder.
Die bakkie het op sy sy te lande gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'