Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee mense wat vanoggend 'n diens in die Jesus-tent by die De Jagersportgronde bygewoon het, is lig beseer toe 'n sterk wind die tent gedeeltelik inmekaar laat stort het.
Daar was ongeveer 200 mense in die tent, maar hulle kon gelukkig uitkom voordat nog 'n deel meegegee het.
Daar is tans berigte van bome wat omgewaai het en dakke wat ook deur die sterk wind afgeruk is.
Kyk 'n video hieronder:
Sterk wind het die tent gedeeltelik inmekaar laat stort.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'