Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder en 'n werker van 'n onderneming wat mobiele toilette voorsien, is per ambulans hospitaal toe nadat hulle voertuig vanoggend omgeslaan het.
Hulle was na Volmoed onderweg toe die bestuurder blykbaar links van die geelstreep gery het om 'n motor toe te laat om verby te gaan.
Die ligte vragmotor het egter op die grond langs die pad beland en omgeslaan toe die bestuurder teruggeswenk het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'