CALITZDORP NUUS - Twee jong Calitzdorpers, Enslin Arende en Chris Tarentaal se rolprent, Calitzdorp die film, is onlangs gekies vir die Wêreld Premier Filmtoekennings.
Die twee stuks het met die hulp van dr. Jacob Cloete en Jody Williams van die Foundation for Injustice and Reconciliation, die rolprent verfilm.
Op 'n vraag waar die idee van die film ontstaan het, sê Arendse dat hulle die jeug van die dorp wou inspireer.
Die regering asook plaaslike regering het tot hul projek bygedra. Hierdie groep jongmense wil saam met die Local Drug Action Committee mekaar komplimenteer in 'n strewe na oplossings vir die dwelm-probleem asook die probleem van straatkinders op Calitzdorp.
Dr. Cloete vertel dat hy van Bitterfontein in die Noord-Kaap oorspronklik is, maar dat hy sy bitter, in soet kon omskep het deur in homself te glo en hard te werk. Die jeug van Calitzdorp moet dieselfde doen, het hy gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’