OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se Catherine Jonker en Lehandra Nortier het by twee onderskeie interstreek-toutrekkam-pioneskappe goue medaljes verower.
Jonker het op Saterdag 10 Maart by die Oudtshoorn Vaardigheidskool interstreek-kampioenskap in die 480 kg en 520 kg dogters o.19-afdeling elk goud verwerf.
Nortier het op dieselfde dag aan die Swellendam interstreek-toutrek-kampioenskap deelgeneem.
Sy het 'n goue medalje in die 520 kg-afdeling ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'