OUDTSHOORN NUUS - Een man en twee vroue is beseer na 'n ongeluk op die kruising van Voortrekkerweg en Hoogstraat.
Na bewering het die bestuurder van die bakkie se deur oopgegaan toe hy uit Hoogstraat in Voortrekkerweg ingedraai het.
Die bestuurder het uit die bakkie uitgeval toe die deur oopgaan.
Dit blyk dat die passasiers ook uitgeval het.
Die bakkie het eers teen die muur van 'n besigheid gebots en toe weer op die sypaadjie beland. Die beseerdes is na die hospitaal geneem.
Die bakkie het teen 'n besigheid se muur gebots.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'