OUDTSHOORN NUUS - Die ACVV Tuishuis in Baron Van Reedestraat, wat vanjaar 40 jaar oud is, het die geleentheid Vrydag stil gevier.
Weens die grendeltyd het die spogtee wat beplan was, nie plaasvind nie.
Die hoeksteen van Tuishuis is op 9 Maart 1979 gelê en 120 ouer persone kon op 1 Maart 1980 intrek. Twee maande later kon die eerste 23 pasiënte in die siekeboeg gehuisves word.
Die amptelike opening van Tuishuis het op 25 Julie 1980 plaasgevind en is waargeneem deur die Premiersvrou van die Wes-Kaap en beskermingsvrou van die ACVV, Kaapland, me. Elize Botha.
Die naam is as deel van 'n kompetisie deur ds. Janlu Kuyler voorgestel.
Die inwoners en beheerraad van Tuishuis hou gereeld teetuine, modeparades, teegeleenthede en verskeie verkopings om geld in te samel. Die tehuis steun ook tot 'n groot mate op die hulp en ondersteuning van vrywilligers.
Lees meer in hierdie week se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'