OUDTSHOORN NUUS - Bekende klipmesselaar, Joost Pyck, het verlede maand die geweldriehoek (pediment) by Tuishuis, 'n tehuis vir bejaardes in Oudtshoorn herstel.
Intussen is besluit om die naam van die tehuis ook deur hom te laat herstel sodat die gebou beter daarna uitsien. Die gebou dateer uit die 1890's en was aanvanklik 'n here buiteklub (Gentlemen's Country Club) en is in 1970 omskep in 'n biblioteek.
Heritage Oudtshoorn Erfenis (HOE) 'n instansie wat hom daarop skoei om Oudtshoorn se erfenis en ou geboue te bewaar was nou betrokke by die herstel van die geweldriehoek.
Pyck het sy ambag in Vlaandere, sy geboorteland, bemeester en is voltyds besig en spesialiseer in steenbouwerk of klipwerk. Hierdie oeroue kunsvorm is nie baie bekend in Suid-Afrika nie, maar wel in Europa waar heelwat ou geboue uit sandsteen gebou is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’