OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie is op soek na inligting nadat twee mans in twee afsonderlike voorvalle met ‘n hekkie in hul besit gevind is.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die eerste voorval in Bloemstraat plaasgevind.
‘n Traliehek is by die eerste verdagte gevind. Die tweede voorval was op 26 Februarie in Dieselstraat, dié man het ‘n silwer metaalhek by hom gehad.
Volgens Micheals is die persone deur die polisie op aanklag van vermoedelik gesteelde eiendom in hegtenis geneem. Nie een van die verdagtes kon verduidelik hoekom hulle die hekke het nie.
Enige persoon met inligting kan sers. Franlyn Ewerts by 082 302 4395 skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'