OUDTSHOORN NUUS - Vroeër vandag, 10 Oktober, het vrywilligers, onder andere die Oudtshoorn-munisipaliteit, noodreddingsdienste en 'n verteenwoordiger van Cango Wildlife Ranch, gepoog om 'n kolgans wat ure lank in 'n boom buite die Oudtshoorn-polisiegebou in Baron van Reedestraat vasgesit het, te red.
Die reddingspoging het geblyk susksesvol te wees, maar weens beserings is die kolgans na Cango Wildlife Ranch op Oudtshoorn geneem vir rehabilitasie.
Oudtshoorn Courant het egter sopas van Tammy Moult van die Cango Wildlife Ranch verneem dat die kolgans weens moontlike spanning en uitputting gesterf het.
Lees die volledige berig in vandeesweek se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’