Update
OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Toy Run het Sondagoggend omstreeks 10:30 by die Pick n Pay parkeerarea begin.
Honderde motorfietsryers van motorfietsklubs van regoor die streek het saamgetrek ten aanskoue van nuuskierige omstanders.
Die motorfietsryers het om 11:00 'n massarit deur Langenhovenweg en Dassieweg onderneem waarna hulle by die Oudtshoorn Korrektiewe Dienste bymekaar gekom het om geskenke en lekkernye aan behoeftige kinders te oorhandig.
Die Toy Run was vanjaar gehou deur die Suid Westelike Distrikte Motorfiets Assosiasie. (SWDMCA) en is ook vurig ondersteun deur plaaslike motorfietsklubs.
Volgens David Herring van die Warlocks motorfietsklub, het plaaslike kinderhuise ook by die dag baat gevind.
Altesaam 120 kinders het kospakkies ontvang wat geborg was deur plaaslike restaurant soos Santa Fe Spur, Smitswinkel, Wimpy, The Black Swan Restaurant en Brian’s Grill. Die publiek was ook welkom om 'n bydrae in enige vorm te maak.
Honderde motorfietsryers van motorfietsklubs van regoor die streek het saamgetrek ten aanskoue van nuuskierige omstanders.
“ Ons is baie dankbaar dat ons die opkomende vakansie vir die kleingoed op ons klein manier spesiaal kon maak.
Om die plesier op die kindertjies se gesigte te kon sien was vir almal betrokke onskatbaar".
Lees 'n vorige artikel: Honderde motorfietsryers by Toy Run.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'