LADISMITH NUUS - "Ek is opgewonde oor my pos en ek sal die skool met waardigheid dien en almal respekteer."
So vertel die 57-jarige Nico November wat vanaf Maart die nuwe opsigter by Laerskool Towerkop in Ladismith is.
November, wat reeds die afgelope nege jaar as algemene weker by die skool werksaam is, noem dat hy definitief ’n voetspoor as opsigter by die skool wil nalaat.
"Ek is ’n nederige en hardwerkende persoon. My mentor, Keith Meyer, die vorige onderhoof, se kalm en besliste wyse waarmee hy met almal gewerk het is presies wat ek in my nuwe posisie wil toepas."
November noem dat hy die terrein van die skool ’n lushof vir besoekers, leerders en ouers wil maak.
"Verder moet die geboue en klaskamers altyd ’n gevoel van trots by die opvoeders en leerders wek. Onderrig kan nie in ’n vuil klaskamer plaasvind nie, hierdie kinders is nou al soos my eie," sê November.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’