OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool speel weer gedurende Maart gasheer vir die Tekkie Toutrek- en Eden Toutrekkampioenskappe.
Die Tekkie Toutrek vind Donderdagaand 1 Maart vanaf 18:00 op die Vaardigheidskool se sportgronde plaas.
Volgens Gavin Block, skoolhoof van die Vaardigheidskool, is dit 'n sosiale byeenkoms waar besighede, kerke en ander organisasies spanne kan inskryf.
Saterdag 3 Maart bied hulle die Eden Toutrekbyeenkoms aan.
Dié byeenkoms sal om 08:30 begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'