OUDTSHOORN NUUS - Kersvader se verteenwoordigers by Oudtshoorn- en De Rust-toerisme en Buffelsdrift Game Lodge, het verlede Vrydag pakkies vol vreugde na die Vrederust-kleuterskool geneem.
Die toerismevereniging het lede gevra om Donderdag met die netwerkaand geskenke saam te bring wat aan die kleuters uitgedeel kan word.
Die netwerkaand is by Buffelsdrift gehou en 'n tafel vol geskenke is deur lede geskenk.
Vredelus het vanjaar aan die beurt gekom om bederf te word.
Personeel- en komiteelede van die toerismekantoor sowel as vrywilligers van Buffesldrift het die geskenke Vrydagoggend aan die oorstelpte kleuters oorhandig.
'n Nuwe vriend vir Kersfees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'