OUDTSHOORN NUUS - Te danke aan die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor gaan sekerheidswagte Baron van Reedestraat tussen St. Johnstraat in St. Saviourstraat patrolleer.
Volgens Billy Engelbrecht, voorsitter van die toerismebestuur, is die wagte van Alert Patrol reeds op 10 Oktober aangestel.
"Die besluit is deur die komitee geneem om te sorg dat die veiligheid van ons toeriste eerste gestel word wanneer hulle in die aande restaurante wil besoek.
Dié sekerheidswagte sal saans van 18:00 tot 21:30 in die strate tussen Nostalgie en Headlines wees om seker te maak dat toeriste veilig is en nie deur straatkinders of bedelaars lastig geval word nie," het Engelbrecht gesê.
Die wagte sal uitgeken word deur die hemde wat spesiaal vir hulle deur die buro laat maak is. Voorop sal die toerisme-buro sowel as Alert Patrol se logo wees en agterop staan Tourist Security.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'