Hierdie program het ook aangesluit by die viering van Jeugmaand.
Die hooftema van die program was 'Toekomsvisie' en komponente wat met die leerders behandel is, het ingesluit 'Waarnatoe is ek op pad?', waardes, rolmodelle, tienerswangerskap en boelies.
"Hierdie komponente vorm deel van stewige boublokke wat jeugdiges nodig het om tot volwassenes te ontwikkel wat 'n positiewe bydrae tot hul gemeenskap en hul land kan maak," het Franzu Badenhorst van Famsa Karoo gesê.
Twee dae is by elke skool deurgebring waartydens daar ook lekkergoedpakkies aan die leerders uitgedeel is wat met behulp van skenkings deur die department van maatskaplike ontwikkeling moontlik gemaak is.
Leerders is wysgemaak oor die eise wat sosiale media en tegnologie stel.
Sommige wys meer vertroue in hul maats as ander.
Die direkteur: Famsa Karoo, Franzu Badenhorst, spreek leerders van De Villiers Primêr toe.
`n Brose eier was `n gepaste metafoor vir ouerskap. Foto's: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURTANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'