Video
PRINS ALBERT & VIDEO - Daar word gewag op reaksie van die Prins Albert-munisipaliteit oor 'n gebou wat stelselmatig in duie stort.
Daar was reeds in Augustus berig oor die ontwikkeling van 'n sakeperseel langs die hoofstraat van die dorp waaroor inwoners en sakemense talle vrae het.
Vrae wat in Augustus aan die munisipaliteit gestuur is oor die wettigheid van die ontwikkeling is nooit beantwoord nie.
Intussen het die ontwikkelaar wat in Stellenbosch woon, voortgegaan en 'n gebou begin oprig. Een van die mure het op 14 November omgeval nadat dele van die dakraam uitgehaal is en die tweede muur het Sondag, 21 November, omgeval.
Die munisipaliteit is tot môre kans gegun om op dringende vrae oor die aangeleentheid te reageer.
VERSKAFDE VIDEO: Nikola Koegelenberg
Inwoners wat daarop aangedring het om goedgekeurde bouplanne te sien is glo deur die bou-inspekteur ingelig dat dit nie vir openbare insae beskikbaar is nie.
Die mure is nie met bakstene gebou nie, maar glo volgens 'n vinniger metode waar sement en 'n raamwerk gebruik word
Die gebou gaan sover vasgestel word 'n U-Save supermark en drankwinkel huisves wat reeds in Desember sou oopmaak.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'