OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Minibustaxi het kort na 15:00 vanmiddag (Vrydag 25 Augustus) in Jonesstraat, Oudtshoorn, gerol en op sy dak te lande gekom.
Dit volg na 'n botsing met 'n ander motor.
Onbevestigde gerugte is dat daar 18 mense in die taxi was.
Ten minste 4 van die insittendes is glo per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Kyk 'n video hieronder.
Omstanders en van die insittendes na die ongeluk.
4 Mense is glo in die ongeluk beseer.
VIDEO & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'