OUDTSHOORN NUUSFLITS - Drie mense is in die hospitaal opgeneem na die taxi waarin hulle gery het, met ‘n koedoe gebots het.
Die botsing het omstreeks 16:40 gistermiddag (Sondag 27 Augustus) in die Barandas-omgewing tussen Uniondale en De Rust plaasgevind.
Die bestuurder, Randall Akker en twee jeugdige passasiers is per ambulans hospital toe vervoer. Die een passasier is vanoggend ontslaan.
Daar was 13 mense in die taxi ten tye van die botsing.
Volgens die hulp drywer, Henry Botha, was hulle na De Rust onderweg. “Ons het glad nie die koedoe gesien aankom nie. Dit het reguit vir die voorruit gespring”.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'