Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Massiewe tak het vanoggend op 'n motor, wat in Hoogstraat voor die Moedergemeente wou parkeer geval.
Volgens Barries Barnard was sy dogter Johanita in die motor toe die tak val.
"Ek het gisteraand die motor gaan haal vir haar. Sy het hom nog nie 'n dag nie. Sy het 'n leerderbestuuderlisensie en ek het saam met haar gery om die motor te registreer. Van die verkeersdepartement af het ons hier gestop. Ek het uit die motor geklim om haar te help parkeer toe ek die tak hoor knak.
"Voor ek haar kon sê het die tak geval. Ek het dit nog probeer vang, maar toe besef ek die tak is te groot."
Die tak het die agterste klein venster van die motor gebreek en twee duike in die motor gelaat.
Raadslid Johan Fourie en ander munisipale amptenare was vinnig op die toneel om Barnard en sy dogter by te staan.
Niemand is in die voorval beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'