OUDTSHOORN NUUS - Die swembaddens in die Groter Oudtshoorn-distrik sal van môre 16 November af oop wees.
Die NA Smit- swembad sal egter nog môre gesluit wees vir 'n gala wat daar gaan plaasvind. Die swembad sal wel die 17de November oop wees.
Luidens 'n verklaring wat deur die munisipaliteit uitgereik is, het die waarnemende munisipale bestuurder van Groter Oudtshoorn, Mkhululi Yekani, ook gesê dat slegs inwoners van die Groter Oudtshoorn area aangestel is om by die swembaddens te werk.
Die swembaddens wat sal oop wees is Dysselsdorp- swembad, Bongolethu- swembad, NA Smit- swembad, Kerkstraat- swembad en Bridgton- swembad.
Die operasionele skedule vir die swembaddens is soos volg:
- Die swembaddens sal in November slegs naweke oop wees.
- Saterdae: 10:00 – 18:00
- Sondae: 12:00 – 18:00
Desember tot Februarie:
- Daaglikse bedrywighede (Gesluit op Kersdag)
- Maandag – Saterdag: 10:00 – 18:00
- Sondag: 12:00 – 18:00
Maart:
- Slegs naweke
- Saterdae: 10:00 – 18:00
- Sondae: 12:00 – 18:00
Daaglikse toegangstariewe is vasgestel op R19 vir volwassenes en R6 vir kinders, wat dit 'n bekostigbare uitstappie vir gesinne maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’