OUDTSHOORN NUUS - Die somer is om die draai en inwoners soek gewoonlik lafenis teen die hitte van die Karoo. Die Oudtshoorn-munisipaliteit het bevestig dat die swembaddens in perfekte toestand is.
Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, noem dat die munisipale span hard gewerk het om alles in orde te kry.
"Die Bongolethu-, NA Smit-, Kerkstraat- en Bridgton- swembaddens is gevul en sal later in November oop maak vir die publiek. Die amptelike datum vir die openings van die swembaddens sal binnekort bekend wees.
Die openingstye is as volg:
Later in November
Die swembaddens sal slegs oor naweke oop wees.
Saterdae: 10:00 - 18:00
Sondae: 12:00 - 18:00
Desember tot Februarie
Daagliks oop behalwe Kersdag
Maandag tot Saterdag: 10:00 - 18:00
Sondag: 12:00 - 18:00
Maart
Die swembaddens is sleg oop oor naweke
Saterdag: 10:00 - 18:00
Sondag: 12:00 - 18:00
Toegangsfooi
Die publiek moet kennis neem dat die daaglikse tariewe R19 per volwassenes en R6 vir kinders is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’