OUDTSHOORN NUUSFLITS - SWD-tweekamp het 'n sterk span, bestaande uit 68 atlete, gekies om aan die 43ste Sportmans Warehouse SA Tweekampkampioenskap te gaan deelneem.
Die kampioenskap vind die naweek van 30 en 31 Maart in Pretoria plaas.
Dave van der Walt, woordvoerder vir SWD-tweekamp, het Maandag gesê, "daar is sterk aanspraakmakers op medaljes en met inagneming van die feit dat SWD verlede jaar naas WP die meeste medaljes kon inpalm, maak die bestuur opgewonde."
Volgens van der Walt rus hul grootste hoop op goud in die hande van atlete soos Johan Windt, Gustav Schlechter, Lara Schlechter, Chris van Wyk en Ruben Gouws.
Gouws tydens die SWD-kampioenskap 'n nuwe SA rekord van 2455 punte daargestel.
Meer as 800 atlete uit 14 provinsies gaan op die Pilditch-atletiekstadion en in die Hillcrest-swembad meeding in Pretoria om te bepaal wie is die top Tweekamp-provinsie in Suid-Afrika.
Chris van Wyk.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'